Van Hunks

Die Kaalkop Waarheid

0 fans

Die Kaalkop Waarheid


3:43

 Become A Better Singer In Only 30 Days, With Easy Video Lessons!

Eks vervloek word gesoek op die see
'n doring in die kompanjie se vlees
Ek het jou gekry op 'n skip om die kaap
Verstekeling teen 'n boeg vasgemaak
Deur die mis was jy die mooiste vrou
Vir ewig en ewig sweer ons trou
Op die dek van my skip tot die dood ons skei
Seel ons dit met 'n trek van my pyp

Arg arg hoor hoe hulle lag
Wag wag elke hond kry sy dag
Julle moet bid die duiwel kom jul haal
Want van hunks gaan jy meer as met goud moet betaal
Jan gaan meer as jou rykdom verhaal

Ek's 'n ou ou rower van die see
Die britte roep my die boere buckeneer
Sit alleen teen tafelberg
My zol is op my bemanning is weg
Jy het my oorboord  laat gooi
Op die kaap van storms met 'n muitery
My skip gevat en weggevaar
Met 'n man van die koning 'n man met plan
'n man van die koning 'n man met rang

Arg arg hoor hoe hulle lag
Wag wag elke hond kry sy dag
Julle moet bid die duiwel kom jul haal
Want van hunks gaan jy meer as met goud moet betaal
Jan gaan meer as jou rykdom verhaal

Ek is 'n legende ek het geleef
Op donker kanale en die groot oop see
Met 'n vlymskerp tong of 'n koue hart
Sal 'n vrou my dryf tot my ondergang
So ek en die duiwel het akkoord gegaan
Ons rook daarop elke nou en dan
En die laaste een wat bly staan
Is die een wat julle met vergelding slaan
Die een wat julle in die hel laat brand

Arg arg hoor hoe hulle lag
Wag wag elke hond kry sy dag
Julle moet bid die duiwel kom jul haal
Want van hunks gaan jy meer as met goud moet betaal
Jan gaan meer as jou rykdom verhaal

behoed jou siel as die suid-ooster waai
ek maak dalk net weer my kaapse draai
deur die donderweer en 'n wolk van rook
met twak vol wraak en 'n pyp vol moord

Arg arg hoor hoe hulle lag
Wag wag elke hond kry sy dag
Julle moet bid die duiwel kom jul haal
Want van hunks gaan jy meer as met goud moet betaal
Jan gaan meer as jou rykdom verhaal

 The easy, fast & fun way to learn how to sing: 30DaySinger.com

Written by: Nardus Du Plooy

Lyrics © DistroKid

Lyrics Licensed & Provided by LyricFind

Discuss the Van Hunks Lyrics with the community:

0 Comments

    Citation

    Use the citation below to add these lyrics to your bibliography:

    Style:MLAChicagoAPA

    "Van Hunks Lyrics." Lyrics.com. STANDS4 LLC, 2024. Web. 29 Apr. 2024. <https://www.lyrics.com/lyric-lf/11872797/Die+Kaalkop+Waarheid/Van+Hunks>.

    Missing lyrics by Die Kaalkop Waarheid?

    Know any other songs by Die Kaalkop Waarheid? Don't keep it to yourself!

    Browse Lyrics.com

    Quiz

    Are you a music master?

    »
    Which girl group had hits including Pure Shores and Never Ever?
    A Pussycat Dolls
    B Dixie Chicks
    C Indigo Girls
    D All Saints

    Free, no signup required:

    Add to Chrome

    Get instant explanation for any lyrics that hits you anywhere on the web!

    Free, no signup required:

    Add to Firefox

    Get instant explanation for any acronym or abbreviation that hits you anywhere on the web!

    Die Kaalkop Waarheid tracks

    On Radio Right Now

    Loading...

    Powered by OnRad.io


    Think you know music? Test your MusicIQ here!