As Die Hart Breek

Volkspeler

0 fans

Volkspeler


3:56

 Watch: New Singing Lesson Videos Can Make Anyone A Great Singer

As die hart breek
En dit voel of jou ribbes deur jou sy wil steek
As jy wakker word in nog 'n donker nag met die gedagte van nog ʼn eindelose dag wat wag
As jy wil mal word van die heeltyd dink net haar die berou die spyt en jy voel die heeltyd naar
Probeer nog ʼn keer hou vas aan nog ʼn niks
Nog net een oproep een smeek  ignoreer die sielkundige se tips en jy word mal en jy verloor jou kop
Dis as die hart breek

En ek weet die liefde word suur om die uur
En ek weet die hartswater word brak somtyds
En dis moeilik om die stukke bymekaar te skraap
En dis hel om te cope met ʼn gebroke hart

As sy uitloop en die deur agter haar toetrek
Jy sit daar verward  verwaarloos gekerf tot op die been
As die drank nie meer werk nie  ophou om die pyn te verdoof
As jy almal se advies waardeer probeer maar jy weet jy's van jou sinne beroof
As jy weer verby haar huis ry vir die soveelste maal hoop dat sy daar sal staan gepak sodat jy haar net kan kom haal Sit die heeltyd en wag dat die foon net kan lui
Kyk die albums flenters
En hoop dat jy ʼn hartaanval kan kry dis as sy uitloop

En ek weet die liefde word suur om die uur
En ek weet die hartswater word brak somtyds
En dis moeilik om die stukke bymekaar te skraap
En dis hel om te cope met ʼn gebroke hart

As jy begin vergeet van die goeie tye en die slegtes begin onthou
Ophou hoop begin dink en jou lewe weer herbou
Jy kry skaam vir jouself hoe gekkig en hoe versot
Haar gesig in jou kop begin soos ou blare te verrot dis as sy uitloop

En ek weet die liefde word suur om die uur
En ek weet die hartswater word brak somtyds
En dis moeilik om die stukke bymekaar te skraap
En dis hel om te cope met ʼn gebroke hart

 The easy, fast & fun way to learn how to sing: 30DaySinger.com

Written by: Johan Smith

Lyrics © DistroKid

Lyrics Licensed & Provided by LyricFind

Discuss the As Die Hart Breek Lyrics with the community:

0 Comments

    Citation

    Use the citation below to add these lyrics to your bibliography:

    Style:MLAChicagoAPA

    "As Die Hart Breek Lyrics." Lyrics.com. STANDS4 LLC, 2024. Web. 14 May 2024. <https://www.lyrics.com/lyric-lf/7158811/Volkspeler/As+Die+Hart+Breek>.

    Missing lyrics by Volkspeler?

    Know any other songs by Volkspeler? Don't keep it to yourself!

    Watch the song video

    As Die Hart Breek

    0
    0     0

    Browse Lyrics.com

    Quiz

    Are you a music master?

    »
    Who was Jefferson Airplane's original female vocalist?
    A Signe Andersen
    B Linda LaFlamme
    C Lydia Pense
    D Grace Slick

    Free, no signup required:

    Add to Chrome

    Get instant explanation for any lyrics that hits you anywhere on the web!

    Free, no signup required:

    Add to Firefox

    Get instant explanation for any acronym or abbreviation that hits you anywhere on the web!

    Volkspeler tracks

    On Radio Right Now

    Loading...

    Powered by OnRad.io


    Think you know music? Test your MusicIQ here!