Myn Medley

Volkspeler

0 fans

Volkspeler


5:58
29 

 Watch: New Singing Lesson Videos Can Make Anyone A Great Singer

Kan jy nog onthou
Hoe die helde na die eerste hou inmekaar invou
Hoe ons ons laaste sente uitgrou
Verlore kanse weer kry en weer verbrou
Sou ons ja ons sou
Uitspoeg as jou liggaam terugslaan
Teruggaan as die Here weer ʼn keer vra kom loop saam
Hoe die bloed meng agterna met ʼn gestorte traan
Hoe ons daai Chev strip langs die Allemanskraaldam pad
Hoe Philipus die Escort skelm spin in tweede rat
Swart Piet wat sterf op die mynpad
Sy binnegoed wat lê langs hom op die pad
Sy twee se seuns se wange sopnat
Van mooie Marlies wat haarself skiet met haar pa se 9mm
Nadat ek haar die vorige aand gesoen het by die skoolsokkie
Hulle sê dit was haar Oupa

Kan jy nog onthou
Ja maar dit raak al moeiliker
Maar ek onthou tog

Die verblindende wit stof rol verwoed voort
Deur hierdie eenderse bewoonde reünies
Dis ʼn bose poeier wat alles siek maak
En dit gee my pa somtyds sinus
Tussen hierdie stofpaaie dwaal soekende kinders voort
Hulle innerlike pyn sigbaar op hul strak gesigte
Maar op die einde van die dag ken niemand hul nood nie
Almal kyk maar net verhewe neer op die stigmatiese gerugte
Almal was nie in dieselfde omstandighede nie
Lui die ou gesegde
Maar al was dit beter of selfs effens aanvaarbaar
Jy was steeds omring deur die slegte
Verborge frustrasie word keer op keer uitgehaal op die kind
Die waarheid word selde ontbloot
Dis maar net die volgende generasie wat dit weer sal uitvind
Meeste van hierdie vaderfigure is agter hardehout vasgevang
Die weerloosheid jy sien dit maar vir ʼn kind is  hulle onbereikbaar en ondeurbrekend
Stofwind hoe lank gaan jy nog haat en verwarring in ons kil harte waai
Of moet ons almal eers van verdriet sterf voor die wiel gaan draai?
Maar die cages sal more weer sak, en die headgear staan steeds
Waar dit eendag sal eindig sal net die Here alleen weet

Ek onthou
Waar ek sak elke nag in die vroeë oggend uur
In hierdie gat waar ek bloei vir my kar en breek vir my bier
My kinders lyk ongelukkig
My vrou lyk altyd suur
Maar in hierdie cage more oggend staan ek op dieselfde plek
Tussen soveel ander op dieselde plek maar net weer hier

Jy vra my hoe kan ek soos ʼn rot leef
Terwyl die dood altyd in my nek blaas
Jy vra my of ek na iets beters streef
Terwyl die duiwel in die cage saam na onder jaag
Maar my vriend ek bly trots
Al is dit somtyds hel
Tussen stof en swart en doodsrots
Soos elke myner jou sal vertel

Pa het 10 jaar terug vir my hierdie job gekry
Ek het die skool gelos en my uit daardie hok bevry
Ek onthou nog soos gister die woorde van daardie man
Hy sê jy het ʼn vrou en kind nou Boeta jy moet doen wat jy kan
Nou sak ons 3000 voet na benede onder die grond
Metaangas skuil in die mure en ek proe Tysis in my mond
Ek vergeet soms hoe lyk die son daarbo
Eendag sal ek weer verder leer
Ek moet net bietjie meer oortyd werk
En Oom ek moet aanhou vasbyt en aanhou glo

Jy vra my hoe kan ek soos ʼn rot leef
Terwyl die dood altyd in my nek blaas
Jy vra my of ek na iets beters streef
Terwyl die duiwel in die cage saam na onder jaag
Maar my vriend ek bly trots
Al is dit somtyds hel
Tussen stof en swart en doodsrots
Soos elke myner jou sal vertel

Gooi ʼn dop Pappa
Die vlamme brand al hoog
Gooi daai Coke by die Brandewyn
Want my keel is al lankal droog
Sê vir die Ou Lady sy moet net relax en chill
Die vleis is nog ver van klaar af en haar skoonfamilie is ʼn fokken droe spul
Nou waar is my skywe
En waar is my glas
Sy vir daai laaitie van jou  as hy weer my stoel vat
Gaan ek ʼn gat skop in sy borskas
Het ek jou al getune
Ek het ʼn Freeflow gesit op my XR6 my ou
Hy klok nou 220 solank sy fokken pistons net gaan hou
My Skofbaas het gesê my kanse vir ʼn increase lyk goed
Maar hy weet mos as hy my kak tune soek hy verseker my bloed
Gert my chom
Sit solank die rooster op
My Ou Lady beter nie vanaand ʼn headache hê nie
Want vanaand gaan ek haar op
Die inlaws moet maar hulle toedruk
As die matras in die spaarkamer kraak
En hulle moet maar weet
Hulle slaap vanaand in my fokken huis my maat
Wanneer bring jy bietjie jou sussie oor
Sy is mos nou al my mooi groot
Pel as ek daai stukkie vat dan naai ek haar dood
Jirre Gert, die lewe is darem maar snaaks
Net as jy dink die Grinder het getrip dan maak hy weer sparks
Maar anyways
Kosie sit die draadloos bietjie harder
Daai is ʼn fokken smart song
Vat jou glas vat ʼn sluk
En kom ons hou ʼn tappit-sing-along

 Watch: New Singing Lesson Videos Can Make Anyone A Great Singer

Written by: Johan Smith

Lyrics © DistroKid

Lyrics Licensed & Provided by LyricFind

Discuss the Myn Medley Lyrics with the community:

0 Comments

    Citation

    Use the citation below to add these lyrics to your bibliography:

    Style:MLAChicagoAPA

    "Myn Medley Lyrics." Lyrics.com. STANDS4 LLC, 2024. Web. 30 Apr. 2024. <https://www.lyrics.com/lyric-lf/7161454/Volkspeler/Myn+Medley>.

    Missing lyrics by Volkspeler?

    Know any other songs by Volkspeler? Don't keep it to yourself!

    Watch the song video

    Myn Medley

    0
    0     0

    Browse Lyrics.com

    Quiz

    Are you a music master?

    »
    "And she will always carry on, Something is lost, But something is ________"
    A right
    B gone
    C found
    D wrong

    Free, no signup required:

    Add to Chrome

    Get instant explanation for any lyrics that hits you anywhere on the web!

    Free, no signup required:

    Add to Firefox

    Get instant explanation for any acronym or abbreviation that hits you anywhere on the web!

    Volkspeler tracks

    On Radio Right Now

    Loading...

    Powered by OnRad.io


    Think you know music? Test your MusicIQ here!