Kulkuns
Chris Chameleon, Bittereinder
Struggling with Kulkuns? Become a better singer in 30 days with these videos!
Dis kulkuns, meisie, hy's 'n woordesmous Hy lag nou in sy mou in terwyl hy jou hart wegflous Dis kulkuns, meisie, hy's 'n woordesmous Hy lag nou in sy mou in terwyl hy jou hart wegflous Dis kulkuns Dis kulkuns Dis kulkuns Dis kulkuns Ek't 'n seemonster verdrink en hom laat sink in 'n tsunami In die kloosters van die Ooste het ek geleer van origami In die Russiese winter het ek met wolwe gestoei Met my rewolwer het ek al 22 cowboys laat bloei Ek was 'n sluipmoordenaar in Suid-Amerika in die tagtigs En 'n slipdraer by Fyodor Dostoevsky se begrafnis Ek't al liedjies gesing saam met Chris Chameleon En in Holland langs die see van 'n toring afgespring Ek het meerminne bemin in Skandinawiese waters En in Granada gedraai met die fraai Flamenco dansers In Kanada se baaie het ek salm met die palm gevang En groot sesse gemoer van Muralitharan met een hand New Zealand se reënwoud het ek Kiwi's gejag En ek het al grappies gemaak wat Corné en Twakkie laat lag Maar na al my avonture moet ek nou doodeerlik sê jy's mooier as dit alles Dis vir jou wat ek wil hê Dis kulkuns, meisie, hy's 'n woordesmous Hy lag nou in sy mou in terwyl hy jou hart wegflous Dis kulkuns, meisie, hy's 'n woordesmous Hy lag nou in sy mou in terwyl hy jou hart wegflous Dis kulkuns Dis kulkuns Dis kulkuns Dis kulkuns Jy is die begin van alles sedert die einde van my vorige bestaan Wat nou oneindig ver weg voel sedert die dag Wat jy aan die tralies van my hart kom raak het Dis nie regtig my styl nie my maar ek voel my onteenseglik genoop om jou te besing Met my hele wese te bemin en as ek mag te be-tas En ek sal jou nooit laat gaan nie as ek jou net eers vas kan hou Want ek weet nou hoekom ek hier geplaas is in 'n wêreld Waar alles net 'n geroesemoes en 'n geraas is Sodat my lot met joune verstrengel kon raak En dit alles oplaas vir die eerste keer sin kon maak Een volledige geheel twee lewens word een Saam teen die wêreld daarbuite, watter wêreld? Daar is geen ander wêreld nie, net die een waarin ek my met jou bevind Ek sien en ek hoor en ek weet van geen ander nie en niemand En niks kan dit ooit verander nie want dis net jy en ek en ek en jy Dis kulkuns, meisie, hy's 'n woordesmous Hy lag nou in sy mou in terwyl hy jou hart wegflous Dis kulkuns, meisie, hy's 'n woordesmous Hy lag nou in sy mou in terwyl hy jou hart wegflous Dis kulkuns Dis kulkuns Dis kulkuns Dis kulkuns Ai, meisiekind, as jy maar net vir jouself kon dink Die man se woorde het minder inhoud as die wind Hy rek sy bek, maar hy's net 'n wolf wat verslind Hy sit sy hoed so eenkant toe, maar eieroem stink Ai, meisiekind, as jy maar net vir jouself kon dink Die man se woorde het minder inhoud as die wind Hy rek sy bek, maar hy's net 'n wolf wat verslind Hy sit sy hoed so eenkant toe, maar eieroem stink
Become A Better Singer In Only 30 Days, With Easy Video Lessons!
Written by: LOUIS MINNAAR, JACO VAN DER MERWE, PEACH VAN PLETZEN
Lyrics © Sony/ATV Music Publishing LLC
Lyrics Licensed & Provided by LyricFind
Citation
Use the citation below to add these lyrics to your bibliography:
Style:MLAChicagoAPA
"Kulkuns Lyrics." Lyrics.com. STANDS4 LLC, 2024. Web. 5 Jun 2024. <https://www.lyrics.com/lyric/38589835/Chris+Chameleon/Kulkuns>.
Discuss the Kulkuns Lyrics with the community:
Report Comment
We're doing our best to make sure our content is useful, accurate and safe.
If by any chance you spot an inappropriate comment while navigating through our website please use this form to let us know, and we'll take care of it shortly.
Attachment
You need to be logged in to favorite.
Log In