Elementary

Onblusbaar

0 fans

Onblusbaar


4:13

 Watch: New Singing Lesson Videos Can Make Anyone A Great Singer

Ons ken die A's, B's en C's waaruit elke woord bestaan
Kom ons leer die H's, O's en C's waaruit elke liewe ding bestaan

"H" staan vir waterstof
Die ligste element in die hele heelal
Waterstof vorm die grootste deel van water
"He" is vir Helium
Hy benodig geen introduction
As jy nie styf vasklou aan daai ballon
Laat Helium hom styg tot binne-in die atmosfeer
"Li" sê ons kyk na Litium 
Die silwer-wit metaal in sy suiwer vorm
Wat soos "dit" sy glans verloor
"Be" is Berillium
Los jou hande van hom af
Want hy gaan jou nog vergiftig
"B" staan vir Boor
Kom in oorvloed in Boraks erts voor
Swart kristallyne, of bruin poeier
Dit bly maar Boor

Ons ken die A's, B's en C's waaruit elke woord bestaan
Kom ons leer die H's, O's en C's waaruit elke liewe ding bestaan

"C" staan vir Koolstof
Gespel met 'n "K" in Afrikaans
Diamante vir juwele, grafiet vir jou potlood, brandstof vir jou kar
Dit bly eintelik maar Koolstof wat jy kort
"N" beteken Stikstof
Moenie worry, hy sal niks aan jou doen
Geen kleur, geen reuk, geen smaak
En geen reaksie sal gewoonlik daaruit gebeur
"O" simboliseer die vorm van jou mond 
As jy Suurstof probeer inneem
Die stof wat jou aan die lewe hou
"F" meen Fluoor
Onder normale omstandighede 
Baie ligte geel gas 
En baie reaktief
So, los hom liewers uit
"Ne" staan vir Neon
Reuklose, rooi-oranje gas 
En as 'n lid van groep ag
Redelik onreaktief

Ons ken die A's, B's en C's waaruit elke woord bestaan
Kom ons leer die H's, O's en C's waaruit elke liewe ding bestaan

"Na" is Natrium
Sag, silwer-wit en baie reaktief
Hy bestaan nie sommer net so
Hy benodig voorbereiding
"Mg" sê ons praat van Magnesium
Uiters noodsaaklik vir die funksionering
Van spier, senuwees, bloeddruk en immuunstelsel
"Al"
Alluminium
Sag, silwer-wit en baie reaktief
Uitkenbaar aan sy vermoë
Om korrosie te weerstaan
"Si" is Silikon
'n Harde, bros
Kristallyne, vaste stof
Met 'n blou-grys
Metaal glans
"P" staan vir Fosfor
Jy kry kom in rooi of wit
Maar hy is so reaktief
Jy gaan hom nie sommer net so kry nie

Ons ken die A's, B's en C's waaruit elke woord bestaan
Kom ons leer die H's, O's en C's waaruit elke liewe ding bestaan

"S" staan vir Swael
Hy kom in oorvloed voor
En by kamer temperatuur 
'n Helder geel, soliede struktuur
"Cl"
Chloor is 'n geel-groen gas by kamer temperatuur
Baie reaktief
Dis hoekom hy maak jou swembad skoon
"Ar" beteken Argon
Meer as 2 keer so vollop as waterdamp
So onreaktief
Hy ondergaan amper geen reaksies
"K" is vir Kalium
Amper heeltemal soos Natrium
Kalium is baie reaktief
maar noodsaaklik vir jou liggaam
"Ca" en Kalsium is presies dieselfde ding
Kalsium is so reaktief
Expose hom tot die lug 
En hy vorm 'n donker laag

Ons ken die A's, B's en C's waaruit elke woord bestaan
Nou ken ons ook die H's, O's en C's waaruit elke liewe ding bestaan

Waterstof, Helium, Litium, Berillium
Boor, Koolstof, Stikstof, Suurstof, Fluoor
Neon, Natrium, Magnesium, Alluminium, Silikon, Fosfor
Swael, Chloor, Argon, Kalium en Calsium

Die Alkali metale is
Litium, Natrium en Kalium
Die Aard-alkali metale is 
Berillium, Magnesium en Kalsium
Alluminium is 'n hoofgroepmetaal
Die metaloÏdesis is
Boor en Silikon
Waterstof, Koolstof, Stikstof, Suurstof, Fosfor en Swael
Is wat ons noem die nie-metale
Fluoor en Chloor is die Halogene 
Want ons vind hulle in groep 7
Groep 8 is al die Edelgasse
Helium, Argon en Neon 
En baie onreaktief

Ons ken die A's, B's en C's waaruit elke woord bestaan
Nou ken ons ook die H's, O's en C's waaruit elke liewe ding bestaan

Waterstof, Helium, Litium, Berillium
Boor, Koolstof, Stikstof, Suurstof, Fluoor
Neon, Natrium, Magnesium, Alluminium, Silikon, Fosfor
Swael, Chloor, Argon, Kalium, en Calsium

 The easy, fast & fun way to learn how to sing: 30DaySinger.com

Written by: Dané Prins

Lyrics © DistroKid

Lyrics Licensed & Provided by LyricFind

Discuss the Elementary Lyrics with the community:

0 Comments

    Citation

    Use the citation below to add these lyrics to your bibliography:

    Style:MLAChicagoAPA

    "Elementary Lyrics." Lyrics.com. STANDS4 LLC, 2024. Web. 29 Apr. 2024. <https://www.lyrics.com/lyric-lf/5106269/Onblusbaar/Elementary>.

    Missing lyrics by Onblusbaar?

    Know any other songs by Onblusbaar? Don't keep it to yourself!

    Browse Lyrics.com

    Quiz

    Are you a music master?

    »
    There once was a ship that put to sea; The name of the ship was the ___________.
    A Willy O'Sea
    B Silly O'Sea
    C Billy O' Tea
    D Holly O'Pea

    Free, no signup required:

    Add to Chrome

    Get instant explanation for any lyrics that hits you anywhere on the web!

    Free, no signup required:

    Add to Firefox

    Get instant explanation for any acronym or abbreviation that hits you anywhere on the web!

    Onblusbaar tracks

    On Radio Right Now

    Loading...

    Powered by OnRad.io


    Think you know music? Test your MusicIQ here!